Goeie verhoudings spruit uit die vaardighede om hulle te bou

Baie huwelikspaartjies wil ’n tien-verhouding hê, terwyl hulle maar slegs vywe is. Hulle sal nooit die verhouding kan hê wat hulle begeer nie alvorens hulle die verhoudingsvaardighede ontwikkel om dit te bou nie.

Baie persone binne ’n verhouding is onbewus van hulle eie houding en gedrag en hoe dit tot die probleme bydra. Hulle het gewoonlik ook ’n fantasie oor die oplossing vir die probleem.
“As ek net ’n egskeiding kan kry en van voor af saam met iemand anders kan begin, sal alles goed uitwerk. As ek net die regte persoon kan kry, sal alles wonderlik wees.”

Continue reading Goeie verhoudings spruit uit die vaardighede om hulle te bou →

Die hantering van negatiewe emosies lei tot positiewe emosies

Soms moet ons eers slegter voel om beter te kan voel. Die geheim wat God deur Salomo in Spreuke 7:3 onthul het, is waar: agter ’n somber gesig skuil ’n helder gees. Ons moet die pyn wat ons nie verwerk het nie konfronteer om verby die depressie of die verslawing of dit waarmee ons sukkel te kom. Om net te wag dat die pyn weggaan, is nie genoeg nie.

Continue reading Die hantering van negatiewe emosies lei tot positiewe emosies →

Jou vryheid bepaal jou geluk

“Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.”
– Galasiërs 5:1

Slawerny is een van die algemeenste vorms van beeldspraak wat in die Bybel gebruik word. Dit het begin toe die farao die Israeliete in Egipte as slawe aangehou het. Dit is inderdaad die storie wat God gebruik om Sy hele Wet en doel met ons te verduidelik. As jy in daardie tyd geleef het, het jy geweet niemand kom uit Egipte sonder hulp nie. Die feit dat hulle daar uitgekom het, het bewys God is ’n ongelooflike God.

Continue reading Jou vryheid bepaal jou geluk →