Jy trek verhoudings wat by jou pas na jou toe aan

“Teenspoed volg die sondaars op hulle pad; die regverdige word met voorspoed vergoed.”
– Spreuke 13:21

• Ek verstaan dit nie. Ek kan op Loftus Versfeld wees tussen duisende mense en op een of ander manier sal ek dit regkry om op die enigste alkoholis in die skare verlief te raak.
• As daar een beheervraat in die hele land is, sal ek hom kry en dink ek kan nie sonder hom leef nie.
• Ek gaan werk elke keer vir ’n skurk. Dit lyk my as ’n skurk my ’n pos aanbied, dink ek outomaties dis die beste maatskappy in die hele wêreld – tot ek ses maande daar gewerk het.
• Ek is kort-kort met ’n verloorder deurmekaar. Wat is dit met my dat ek sulke soort ouens aantrek?
• Hoekom is al die vroue tot wie ek aangetrokke voel op die ou end so hulpbehoewend?
• Ek bevind my oor en oor in dieselfde verhouding: al wat verander is die name.

Continue reading Jy trek verhoudings wat by jou pas na jou toe aan →