Aanlyn Vaardigheidsopleiding in Ekometrie

Werk jy reeds met mense — maar voel soms onseker of jou gevolgtrekkings op objektiewe en betroubare data berus?

Of wens jy jy kon die erns, omvang en aard van ’n uitdaging meer akkuraat bepaal binne jou professionele konteks?

Vaardigheidsopleiding in Ekometrie is ontwerp vir professionele persone wat ekometrie as gestruktureerde meetinstrument wil integreer in hul praktyk — eties, verantwoordbaar en wetenskaplik gefundeerd.

Hierdie opleiding fokus nie bloot op administrasie nie, maar op begrip.

Op die vermoë om patrone sigbaar te maak.
Om menslike funksionering sistematies te meet.
En om gestruktureerde, professionele terugvoer te gee wat besluitneming versterk.


Wat behels die opleiding?

Die program rus studente toe om:

• Die teoretiese grondslag van ekometrie te verstaan
• Menslike funksionering sistematies te meet deur geldige en betroubare assesseringskale
• Patrone, belewenisse en besluitnemingsprosesse professioneel te interpreteer
• Die erns, omvang en aard van ’n uitdaging meer akkuraat te bepaal
• Gestruktureerde en verantwoordbare terugvoer te gee
• Objektiewe data in professionele besluitneming te integreer

Die fokus is nie op etikettering nie, maar op insig —
om professionele praktyk te versterk deur meetbare, verantwoordbare data.


Vir wie is hierdie opleiding bedoel?

Hierdie opleiding is gerig op professionele persone wat reeds met individue, gesinne, leerders of organisasies werk en:

• Objektiewe meetinstrumente verantwoordelik wil gebruik
• Subjektiewe aannames wil verminder
• Professionele selfvertroue en geloofwaardigheid wil verhoog
• Data-gebaseerde begeleiding en intervensie wil toepas


Ontvang die Volledige Prospektus (Engels)

Die prospektus bevat volledige besonderhede oor:

• Toelatingsvereistes
• Kursusstruktuur
• Verpligte grondslagmodules
• Professionele modules
• Kostes en registrasieproses

Vul jou besonderhede hieronder in en ontvang die volledige prospektus per e-pos:

Prospektus Aanvraag


🎓 KWALIFISEER EK VIR HIERDIE KURSUS?

Toelating tot die Vaardigheidsopleiding in Ekometrie geskied deur ’n formele vooraf keuringsproses.

Hierdie stap verseker dat studente oor die nodige akademiese agtergrond en professionele konteks beskik om ekometrie verantwoordelik en professioneel toe te pas.

Indien u belangstel om vir die opleiding oorweeg te word, kan u gerus die toelatingsaansoek hieronder voltooi.


Ervarings uit die Praktyk

Hier volg terugvoer van professionele persone wat die opleiding bygewoon en die metodes in hul praktyk begin toepas het.


Dr. Chris Harris – Predikant & Life Coach

“Die opleiding het my verwagting oortref. Ek het ’n kragtige instrument ontvang wat waarde toevoeg tot my terapeutiese en coaching praktyk. Dit is ’n betroubare proses wat werklik positiewe uitkomste meebring.”


Hester Opperman – Maatskaplike werker in privaat praktyk

“MLNP™ is ’n nie-bedreigende en uiters praktiese metode wat binne ’n kort tyd betekenisvolle verandering bring. Dit is ’n waardevolle toevoeging tot professionele hulpverlening.”


Ruth Humampe – Social Worker

“The practical demonstrations showed me how to connect and process unresolved issues. I recommend MLNP™ as an excellent therapeutic tool – it truly works.”


Titia de Ridder – Maatskaplike werker

“Die opleiding maak sin en die tegniek is bruikbaar. Ek stap elke keer weg met nuwe energie en praktiese gereedskap wat doeltreffend in my praktyk werk.”

Aanlyn aangebied • Praktiese fokus • Bywoningsertifikaat