Ontdek duidelike rigting vir die toekoms
Loopbaanbeplanning help leerders en studente om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem oor hul vakkeuses en loopbaanrigting.
Voel jy onseker oor vakkeuses of loopbaanrigting?
Is daar druk om belangrike besluite te neem sonder voldoende sekerheid?
Onder leiding van Dr Bertie Hanekom word professionele, data-gebaseerde loopbaanbeplanning en vakkeuse begeleiding aangebied om leerders, studente en jong volwassenes te help om ingeligte en verantwoordelike besluite oor hul toekoms te neem.
Hoe werk die aanlyn assessering?
Die proses maak gebruik van geldige en betroubare ekometriese assesseringsinstrumente wat professioneel toegepas en geïnterpreteer word.
Tydens die assessering word belangrike loopbaanfaktore gemeet, insluitend:
- belangstellingsvelde (8 Fields of Interest)
- werkswaardes (22 Work Values)
Hierdie insig help om:
- ’n duidelike profiel van die individu te vorm
- geskikte studie- en loopbaanrigtings te identifiseer
- en besluitneming met groter sekerheid te ondersteun
Terugvoer en verslae kan in Afrikaans of Engels voorsien word.
Vir wie is hierdie aanlyn assesserings diens geskik?
Hierdie assessering is geskik vir:
- hoërskoolleerders (Graad 9–12)
- leerders wat vakkeuses moet maak
- skoolverlaters
- tersiêre studente (universiteit of TVET)
- jong volwassenes
- persone wat loopbaanverandering oorweeg
Wat sluit die assesseringsproses in?
- aanlyn professionele assessering
- wetenskaplik-gebaseerde meetinstrumente
- ’n volledige, persoonlike verslag
- terugvoer via Zoom of per e-pos
- praktiese aanbevelings vir vakkeuses en/of loopbaanrigting
Hoe verloop die proses?
- Voltooi die aanlyn registrasievorm hieronder
- Maak betaling van R2,300.00
- Registrasie word gedurende kantoorure verwerk
- Login-besonderhede word per e-pos uitgereik
- Die assessering word privaat aanlyn voltooi op ’n tyd wat jou pas
- ’n Professionele verslag word opgestel en terugvoer word gereël
Assesseringsfooi
R2,300.00
Die fooi sluit in:
- die volledige aanlyn assessering
- ’n professionele verslag
- terugvoer via Zoom of e-pos
Geen terugbetalings nadat die assessering begin is nie.
Registrasie en betaling
Om die proses te begin, voltooi asseblief die registrasievorm hieronder.
Maak seker dat die e-posadres korrek is, aangesien login-besonderhede hierheen gestuur sal word.
Ouers is welkom om deel te wees van die terugvoerproses.
Na indiening van die vorm word jy outomaties na die veilige betaalblad geneem om die bedrag van R2,300.00 te betaal.
Kantoorure
Registrasie en administrasie geskied gedurende:
Maandag tot Donderdag | 08:30 – 13:00 (SAST)
Vrydag | 08:30 – 12:00 (SAST)
Login-details word binne kantoorure uitgereik ná bevestigde betaling.
Sodra login-details ontvang is, kan die assessering privaat aanlyn voltooi word op ’n tyd wat jou pas.
