“Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om Sy wil uit te voer.”
– Filippense 2:13
Het jy al ooit gewonder waarom jy hier is? Ek bedoel, regtig gewonder waarom jy op aarde is?
Niemand sê ooit:
“Daar is nie regtig ’n rede nie. Toe ek vanoggend wakker word, was ek maar hier in die winkelsentrum. Kan jy vir my sê hoekom ek hier is?”
Tensy hulle aan geheueverlies ly.