Soms moet ons eers slegter voel om beter te kan voel. Die geheim wat God deur Salomo in Spreuke 7:3 onthul het, is waar: agter ’n somber gesig skuil ’n helder gees. Ons moet die pyn wat ons nie verwerk het nie konfronteer om verby die depressie of die verslawing of dit waarmee ons sukkel te kom. Om net te wag dat die pyn weggaan, is nie genoeg nie.
Continue reading Die hantering van negatiewe emosies lei tot positiewe emosiesCategory Archives: Uncategorized
Jou vryheid bepaal jou geluk
“Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.”
– Galasiërs 5:1
Slawerny is een van die algemeenste vorms van beeldspraak wat in die Bybel gebruik word. Dit het begin toe die farao die Israeliete in Egipte as slawe aangehou het. Dit is inderdaad die storie wat God gebruik om Sy hele Wet en doel met ons te verduidelik. As jy in daardie tyd geleef het, het jy geweet niemand kom uit Egipte sonder hulp nie. Die feit dat hulle daar uitgekom het, het bewys God is ’n ongelooflike God.
Continue reading Jou vryheid bepaal jou geluk’n Goeie lewe is nie van goeie omstandighede afhanklik nie
“Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede tevrede te wees.”
– Filippense 4:11b
Ons lees ongelooflike verhale in die Bybel van mense soos die apostel Paulus wat in die tronk was, maar God geprys en vir ander briewe oor geluk geskryf het. Dit is regtig waar dat geluk die gevolg is van wat jy glo en wat jy doen, nie van wat met jou gebeur nie. As jy dit verstaan, kan jy ’n gelukkige lewe lei.
Continue reading ’n Goeie lewe is nie van goeie omstandighede afhanklik nie